DIENSTYE: SONDAG 09:00 | 18:00
KINDERKERK: SONDAG 09:00 | 18:00

KURSUSSE

WAARHEID
“En die waarheid sal julle vry maak”
In ’n wêreld waar waarheid dikwels as relatief beskou word, staan ons vas vir Die Waarheid – ’n onwrikbare fondament wat lewe, hoop en rigting bring. Wanneer alles rondom ons verander en onsekerheid toeneem, bied Die Waarheid ’n betroubare anker wat ons vry maak en lei na ’n betekenisvolle lewe.
Ons glo dat waarheid nie net ’n konsep of idee is nie, maar ’n Persoon – Jesus Christus – wat sê: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe.” Ons is geroep om hierdie waarheid te omhels, te leef en uit te dra in ’n samelewing wat dors is na sekerheid en ware rigting.
​
Die Waarheid Kursus 2025 is geskep om mense van alle ouderdomme toe te rus om Die Waarheid te ken, daarin te wandel en dit met selfvertroue uit te leef in ’n wêreld wat dikwels verward is oor reg en verkeerd. Hier ontdek ons nie net kennis nie, maar ’n transformerende waarheid wat ons harte en lewens verander.
Waarheid vir Klein Dissipels:
Ons bied die Waarheid Kursus op dieselfde tyd aan vir kinders, sodat hulle ook op ’n jong ouderdom die Waarheid kan ontdek.
Snoepie: Die snoepie sal oop wees met koffie en cappuccino te koop.
Vir Aanlyn Kykers:
Jy sal op ’n WhatsApp-groep gevoeg word waar die skakel na ons aanlynplatform beskikbaar sal wees. Hierdie skakel sal op die dag wanneer die kursus begin, met jou gedeel word.​
Datum: 03 tot 17 Februarie 2026 (Elke Dinsdagaand)
Tyd: 19:00
Plek: Op kampus of aanlyn
Koste:
• R150 per kaartjie
• R100 vir ’n handleiding
• R50 vir aanlyn toegang
• R50 vir Klein Dissipels (vir kinders tussen 3 en 12 jaar).

LEER KEN SY STEM
“Almal kan God se stem hoor!”
Dit is belangrik vir jou as kind van God om te leer hoe om Sy stem te hoor. Jou eerste bediening is unto God, en die Bybel moedig ons aan om meer as alles te profeteer om ons mede-familie in Christus te bemoedig:
“Jaag die liefde na en beywer julle veral om te profeteer.” (1 Korintiërs 14:1)
​
Hierdie kursus is ontwerp om jou te help om sensitief te wees vir God se stem en met selfvertroue in gehoorsaamheid op te tree. Ons glo elke gelowige het die vermoë om Sy stem te hoor, en ons wil jou toerus om hierdie aspek van jou verhouding met God ten volle te ontdek en uit te leef.
​
Moet nie hierdie geleentheid misloop nie! Hierdie kursus sal jou help om jou geloof te verdiep en jou verhouding met God te versterk.
“My skape luister na My stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.”
(Johannes 10:27)
Leer Ken Sy Stem vir Klein Dissipels:
Ons bied die kursus op dieselfde tyd aan vir kinders, sodat hulle ook op ’n jong ouderdom Sy stem kan leer ken.
Snoepie: Die snoepie sal oop wees met koffie en cappuccino te koop.
Vir Aanlyn Kykers:
Jy sal op ’n WhatsApp-groep gevoeg word waar die skakel na ons aanlynplatform beskikbaar sal wees. Hierdie skakel sal op die dag wanneer die kursus begin, met jou gedeel word.​
Datum: 03 tot 17 Maart 2026 (Elke Dinsdagaand)
Tyd: 19:00
Plek: Op kampus of aanlyn
Koste:
• R150 per kaartjie
• R100 vir ’n handleiding (opsioneel, maar aanbeveel)
• R50 vir aanlyn toegang
• R50 vir Klein Dissipels (vir kinders tussen 3 en 12 jaar).

ROEPING
Die groot vraag: Stap jy in jou roeping?
Ons almal het ’n roeping om vissers van mense te wees en om mense te versoen met God.
​
Die Bybel sê in 2 Korintiërs 5:18-19:
“God het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van versoening gegee. Hy het deur Christus die wêreld met Homself versoen en nie hulle oortredinge teen hulle toegereken nie. Hy het die boodskap van versoening aan ons toevertrou.”
​
Hierdie kursus help jou om jou roeping te ontdek en met selfvertroue daarin te stap!
Roeping vir Klein Dissipels:
Ons bied die Roeping Kursus op dieselfde tyd aan vir kinders, sodat hulle ook op ’n jong ouderdom hul roeping kan ontdek.
Snoepie: Die snoepie sal oop wees met koffie en cappuccino te koop.
Vir Aanlyn Kykers:
Jy sal op ’n WhatsApp-groep gevoeg word waar die skakel na ons aanlynplatform beskikbaar sal wees. Hierdie skakel sal op die dag wanneer die kursus begin, met jou gedeel word.​
Datum: 14 tot 28 April 2026 (Elke Dinsdagaand)
Tyd: 19:00
Plek: Op kampus of aanlyn
Koste:
• R150 per kaartjie
• R100 vir ’n handleiding (opsioneel, maar aanbeveel)
• R50 vir aanlyn toegang
• R50 vir Klein Dissipels (vir kinders tussen 3 en 12 jaar).

MARKUS 16
' Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. '
MARKUS 16:16-18
Markus 16 vir Klein Dissipels:
Ons bied die Markus 16 Kursus op dieselfde tyd aan vir kinders, sodat hulle ook op ’n jong ouderdom vir genesing kan bid.
Snoepie: Die snoepie sal oop wees met koffie en cappuccino te koop.
Vir Aanlyn Kykers:
Jy sal op ’n WhatsApp-groep gevoeg word waar die skakel na ons aanlynplatform beskikbaar sal wees. Hierdie skakel sal op die dag wanneer die kursus begin, met jou gedeel word.​
Datum: 19 Mei tot 02 Junie 2025 (Elke Dinsdagaand)
Tyd: 19:00
Plek: Op kampus of aanlyn
Koste:
• R150 per kaartjie
• R100 vir ’n handleiding (opsioneel, maar aanbeveel)
• R50 vir aanlyn toegang
• R50 vir Klein Dissipels (vir kinders tussen 3 en 12 jaar).
HUWELIKE

Huweliksnaweek - Bou Gesonde Huwelike
Sluit aan by ons huweliksnaweek – ’n kosbare belegging in jou verhouding! Of julle getroud of verloof is, hierdie naweek bied ’n geleentheid om julle huwelik te versterk met die Bybel as riglyn. Ons fokus op oprigting, verandering deur die Heilige Gees, en diep konneksie.
Tydens die naweek sal julle:
• Om die langtafel kuier en groei in ’n atmosfeer van liefde en ondersteuning.
• Praktiese vaardighede ontvang om konflik beter te hanteer, kommunikasie te verbeter, en ’n stewige fondament vir jul verhouding te bou.
• Waardevolle gesprekke voer wat julle nader aan mekaar en God bring.
Datums: TBC
Wat kan julle verwag?
• Vrydag tot Sondag
• Koste: R400 per persoon (sluit verblyf en etes in)
• ’n Naweek gevul met inspirasie, geestelike verdieping en opbouende gesprekke.Kom ervaar hoe God jul verhouding kan transformeer en julle toerus vir ’n lewe saam wat ’n kragtige impak maak op gesinne en gemeenskappe. Skryf nou in!
Beperkte plek beskikbaar! Registreer vandag en maak ’n belegging in die toekoms van julle verhouding.
Registreer vir die Huweliksnaweek hier!
Vir enige navrae oor enige kursus, kontak die kerk kantoor!