DIENSTYE: SONDAG 09:00 | 18:00
KINDERKERK: SONDAG 09:00 | 18:00
WOORDSKOOL
'n Indiepte studie van die Bybel waar ons deur elke boek van die Bybel gaan werk!
By Beweeg Kerk is ons missie om jou 'n passievolle dader van die Woord te maak.Ons beoog om jou op te rig en toe te rus sodat jy in jou roeping in kan stap en ander mense kan help om dieselfde te doen.
Maandae aande 19h00
Word deel van die whatsapp groep!
MANWEES
Die Gideonsbende!
Vrydae oggende 06:00, kom die manne van die gemeente bymekaar en dan word daar Woord gedeel, daarna braai ons almal saam. Die doel van Manwees is om die lewe saam te doen as mans. Ons dra mekaar, ons bid vir mekaar, ons ondersteun mekaar en ons is lief vir mekaar.
#Manwees die plek waar jy sterk gemaak word
Word deel van die whatsapp groep!
VROUWEES
Vrouwees is 'n vrouegeselskap van alledaagse vroue wat gewaagd en onbeskaamd in ritme stap met die Heilige Gees. Ons leef in merkwaardige maar tog uitdagende tye, en die behoefte aan vrede, antwoorde en oplossings is groter as ooit.
Kom word deel van 'n groeiende beweging van vroue wat reageer op die eenvoudige uitnodiging om DIE VERANDERING TE WEES.
Word deel van die whatsapp groep!
BEWEEG TIENERS
By Beweeg Tieners is ons intensioneel en doelgerig besig om 'n omgewing te skep vir tieners tussen die ouderom van 12 en 18 om Jesus te leer ken. Ons fokus is om die volgende generasie te leer hoe om Liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryk beginsels en kultuur as familie saam te ontdek en leef. Ons missie is om jou te bemagtig om ‘n intieme verhouding met God te ontwikkel deur saam te leer hoe om die Bybel te lees, as familie saam te bid en sien hoe God kragdadig beweeg, intieme aanbidding en lekker familie kuiers.
Kontak die Kerkkantoor!
KINDERKERK