DIENSTYE: SONDAG 09:00 | 18:00
KINDERKERK: SONDAG 09:00 | 18:00

Hoekom moet ek ’n lidmaat word?
Lidmaatskap is soos om by ’n groot, liefdevolle familie in te stap!
Dit gaan oor saam wees, mekaar bemoedig, en opwindende avonture met God aanpak.
• Hier het jy leiers wat nie net oor jou siel waak nie, maar regtig omgee vir jou hart en jou groei in geloof aanmoedig. (Hebreërs 13:17)
• Dit is ’n plek waar jy mense ontmoet wat jou inspireer, saam met jou droom, bid, en jou help om jou unieke roeping uit te leef.
• Ons hou daarvan om saam te lag, te leer en opbouend met mekaar om te gaan – jy sal nooit alleen wees nie!
​
​
#Kerkinjoutaal
Daar is altyd plek vir nog een aan ons tafel!
Registreer vir 'n Lidmaatskap aand!
Op hierdie aand ontmoet jy vir Jc, Jenene en die kerkspan.
Hier vertel ons jou alles van die hart van Beweeg Kerk sodat jy saam kan trek en deel kan word van 'n familie wat kragdadig beweeg!