top of page

#KERKISFAMILIE

Ons glo Kerk is familie! As jy deur die week ook wil inskakel by die kerk, kan jy hier sien waar jy oral kan deel word. Al ons weeklikse aktiwiteite is ontwerp om jou op te rig en toe te rus om in jou volle potensiaal in te stap as kind van God!

WOORDSKOOL

Maandae 19:00 - 21:00

 

'n Indiepte studie van die Bybel sal elke tweede Maandagaand plaasvind waar ons deur elke boek van die Bybel gaan werk

Word deel van ons Whatsapp groep en skakel in op Maandae op zoom!

KURSUSSE

Dinsdae 19:00 - 21:00

 

Ons behandel verskeie kursusse deur die verloop van die jaar. Hierdie kursusse sluit in: Profetiese Skool (vlak 1 en 2), Vrymakende Waarhede, Leef jou Doel ens... Omdat die kursusse so tyd-intensief is, kan ons nie elke jaar elke kursus doen nie, so gaan kyk gerus in die "kursusse" kaartjie vir wanneer elke kursus begin.

Vir enige verdere navrae kontak die kerk kantoor!

JONK

Woensdae 19:00 - 21:00

18-29 jaar oud

 

Is jy 'n jong volwassene wat wil groei in jou verhouding met die Here?

Kom kuier saam met ons, ontmoet nuwe gesigte en raak deel van 'n groep wat uitverkoop is aan Jesus. Jonk wil jou graag toerus om standvastig te staan op die woord van die Here en met vrymoedigheid uit te stap om aan Sy Koningkryk daagliks te bou.

Hier skep ons 'n atmosfeer van "fellowship", familie, liefde en 'n plek wat jy huis kan noem.

Op spesiale geleenthede gaan ons op avonture van lekker eet tot adrenalien gedrewe uitstappies!

Word deel van die Jonk Whatsapp groep!

VROUWEES

Donderdae 10:00

 

Vrouwees is 'n vrouegeselskap van alledaagse vroue wat gewaagd en onbeskaamd in ritme stap met die Heilige Gees.

 

Ons leef in merkwaardige maar tog uitdagende tye, en die behoefte aan vrede, antwoorde en oplossings is groter as ooit. 

 

Kom word deel van 'n groeiende beweging van vroue wat reageer op die eenvoudige uitnodiging om DIE VERANDERING TE WEES.

Word deel van die Vrouwees Whatsapp groep!

INTERSESSIE

Donderdae 18:00 - 19:30

 

Ons glo dat daar party oorloë is wat net in gebed gewen kan word. By die gebedsaande bid ons vir ons land, ons kerk, ons gesinne en nuwe openbarings van die Here. Kom bid saam en wees deel van die weermag wat opstaan in gebed en geestelike grondgebied terugwen.

Kontak vir Melinda Ferreira +27 72 229 9955

MANWEES

Vrydae 06:00

 

Elke week sluit die manne die week reg af met 'n selgroep wat deur mans aangebied word vir mans. Ons weet die mannehart het nodig om deur 'n gemeenskap van manne opgebou te word, so ons beveel hierdie sessie vir elke man in ons gemeente aan!

Word deel van die Manwees Whatsapp groep!

JONK+

Vrydae 19:00 - 21:00

30-40 jaar oud

 

Is jy nog 'n volwassene wat wil groei in jou verhouding met die Here?

Kom kuier saam met ons, ontmoet nuwe gesigte en raak deel van 'n groep wat uitverkoop is aan Jesus. Jonk+ wil jou graag toerus om standvastig te staan op die woord van die Here en met vrymoedigheid uit te stap om aan Sy Koningkryk daagliks te bou.

Hier skep ons 'n atmosfeer van "fellowship", familie, liefde en 'n plek wat jy huis kan noem.

Beweeg Tieners

Vrydae 19:00 - 21:00

By Beweeg Tieners is ons intensioneel en doelgerig besig om 'n omgewing te skep vir tieners tussen die ouderom van 12 en 18 om Jesus te leer ken. Ons fokus is om die volgende generasie te leer hoe om Liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryk beginsels en kultuur as familie saam te ontdek en leef. Ons missie is om jou te bemagtig om ‘n intieme verhouding met God te ontwikkel deur saam te leer hoe om die Bybel te lees, as familie saam te bid en sien hoe God kragdadig beweeg, intieme aanbidding en lekker familie kuiers.

Kontak die kerk kantoor!

Selgroepe

Woensdae 19:00

Ons weet dat 'n Sondag nie genoeg tyd saam met jou kerkfamilie is nie. So, jy het die voorreg om op Woensdae by jou naaste selgroep in te skakel! Ons bespreek elke week die vorige Sondag se oggenddiens preek en kom net by mekaar se harte uit.
Of jy nou splinternuut is by ons, of as jy al vir jare lank deel van die gemeente is, is die beste manier om nuwe mense te ontmoet deur 'n selgroep! Skakel vandag nog in as jy nog nie het nie!


Vul 'n selgroepvorm in as jy nog nie deel is van een nie!

Het jy kinders?
Ja
Nee
bottom of page