top of page

UITREIKE

PLAASLIKE UITREIKE

Ons glo dat dit belangrik is om ook op die mense binne ons eie omgewing te fokus met die Evangelie. So, ons het elke week TWEE geleenthede vir jou om deel te hê in die verspreiding van die Evangelie.

KAYAMANDI

Kayamandi is ‘n informele nedersetting in Stellenbosch. Die opdrag van die Here is om te “WALK AND TALK” en Jesus na die mense te neem. Die Here gaan vooruit en ons volg net in gehoorsaamheid, Sy stem. Sien die Here beweeg deur genesing, wonder werke, verlossings, demoniese bevryding, persoonlike getuienisse en vele meer. Kom beleef die Here se liefde en omgee vir die nasies.

Die span ontmoet by die Kerk se Hoofingang

Saterdae 9h00 tot 14h00

Skakel gerus vir Daniel Langenhoven om betrokke te raak!

HOSPITAAL
&
EVANGELISASIE

Saterdae doen ons hospitaalbediening en evangelisasie vanaf 09:00 tot 11:00. 'n Groot aantal mense is nie net fisies seer nie, maar ook geestelik en hierdie is dus 'n guldige geleentheid om die liefde van Jesus te verkondig.

 

Die span ontmoet om 09:00 by Tygerberg Hospitaal

se parkeer area!

Skakel gerus vir

 

Riana Lambrechts of Leon Zietsman

Plaaslike UITREIKE Whatsapp groep

Hier kan jy deel word van ons WhatsApp groep wat al ons plaaslike uitreike se informasie en reëlings bevat!


Van Stellenbosch tot Brackenfell, hospitale tot winkelsentrums sien ons genesings, bevrydings en talle mense wat tot redding kom!
Kom beweeg saam!

INTERNASIONALE UITREIKE

ONS GAAN WEER MALAWI TOE

22-29 Maart 2025 - Malawi
7-14 Junie 2025 - Zambia
26 Jul - 2 Aug 2025 - Zanzibar
4-11 Oktober 2025 - Malawi

As jy voel die Here druk dit op jou hart om deel te vorm van die span wat Malawi toe gaan kan jy gerus by ons Whatsapp groep aansluit. Hier sal jy meer inligting ontvang oor alles wat jy nodig het.

Malawi -

Zambia -

Zanzibar -

Jy kan ook die volgende dokumente aflaai vir meer inligting

Beweeg Uitreike Instagram

bottom of page