DIENSTYE: SONDAG 09:00 | 18:00
KINDERKERK: SONDAG 09:00 | 18:00

UITREIKE
PLAASLIKE UITREIKE
Ons glo dat dit belangrik is om ook op die mense binne ons eie omgewing te fokus met die Evangelie. So, ons het elke week TWEE geleenthede vir jou om deel te hê in die verspreiding van die Evangelie.
BRACKENFELL UITREIK
Ons as kerk moet die antwoord wees in ons gemeenskap. Een keer 'n maand hou ons 'n massauitreik na die Brackenfell-gemeenskap om diegene direk om ons te bereik. Kom saam op hierdie Saterdag en wees die antwoord in die gemeenskap!
Wanneer hierdie uitreik plaasvind sal al die ander plaaslike uitreike nie plaas vind nie sodat ons saam as 'n gemeente kan fokus op die area direk rondom die kerk!
Hou sosiale media dop vir die uitreik datum.
As jy wil deel raak kontak vir Chanté du Plessis
STELLENBOSCH UITREIK
Twee Vrydagaande per maand reik ons uit in die strate van Stellenbosch vanaf 18:00 tot 20:30. Hierdie bediening is gefokus op luister, bid en deel soos die Heilige Gees lei
Die span ontmoet 18:00 by die kerk en ry dan saam Stellenbosch toe. Elke uitreik is uniek, en ons beleef elke keer hoe God bonatuurlik mense se harte aanraak!
As jy wil deel raak kontak vir Chanté du Plessis
HOSPITAAL
&
EVANGELISASIE
Saterdae doen ons hospitaalbediening en evangelisasie vanaf 09:00 tot 11:00. 'n Groot aantal mense is nie net fisies seer nie, maar ook geestelik en hierdie is dus 'n guldige geleentheid om die liefde van Jesus te verkondig.
Die span ontmoet om 09:00 by Tygerberg Hospitaal
se parkeer area!
As jy wil deel raak kontak vir
Chanté du Plessis of Leon Zietsman
OUD IS GOUD
Hierdie bediening fokus op die voorsiening van Sondagaand dienste vir bejaarde inwoners in verskeie ouetehuise. 'n Span gaan na twee verskillende oorde elke week, waar hulle 'n boodskap bring, koffie en koekies aan die inwoners bied, en tyd saam met hulle deurbring. Hulle gesels, bid en bied ondersteuning, veral vir diegene wat eensaam is. Die bediening is op soek na meer mense om betrokke te raak en te help, veral in die week.
Saterdae 9h00 tot 14h00
As jy wil deel raak kontak vir Francois Malan
INTERNASIONALE UITREIKE

Zambia
26 Jul - 2 Aug 2025 - Zanzibar
15-22 November 2025 - Malawi
As jy voel die Here druk dit op jou hart om deel te vorm van die span wat Malawi toe gaan kan jy gerus by ons Whatsapp groep aansluit. Hier sal jy meer inligting ontvang oor alles wat jy nodig het.
Jy kan ook die volgende dokumente aflaai vir meer inligting